Your Recipe Blog

HOENDERLEWER IN NANDO’S SOUS

HOENDERLEWER IN NANDO’S SOUS

Ons huisgesin hou baie van Nando’s se hoenderlewertjies. Gisteraand toe probeer ek toe die volgende resep en was vrek lekker!

  • 750 g hoenderlewers
  • groot bottel Nando’s sous van jou keuse – ek het Wild Herb gebruik
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 teelepel gemmer en knoffelpasta
  • 1 teelepel knoffel
  • botter en olie vir braai
  • Nestle se “Dessert and Cooking Cream”
  • soetrissisesous
  • melk

Was die hoenderlewers tot mooi skoon en kook dan vir so 5 min.
Dreineer die water af en laat lewers afkoel en droog word.
Sny dit dan in 2, moenie kleiner sny nie.
Verhit bietjie olie en botter in ‘n pannetjie en braai die hoenderlewers so paar op ‘n slag tot lekker bruin.
Jy kan ook ‘n bietjie hoender speserye oor sprikel, maar nie te veel nie. Skep uit en hou eenkant.
In dieselfde pan, braai die uie, knoffel en gemmerpaste asook die gewone knoffel totdat die uie gaar is. Pasop dat dit nie brand nie.
Voeg die sous by, probeer eers so 125 ml en kan dan byvoeg soos benodig.
Voeg so halwe blikkie van die “cooking cream” by en so 100 ml melk.
Laat bietjie prut en voeg dan die soetrissiesous by na smaak.
Voeg die gaar lewers by en laat dit nog ‘n rukkie prut totdat sous dikker word.

Nota:
Die Nando’s sous, cooking cream, melk en sweet chilli sous kan na smaak bygevoeg word. Hang ook net af hoeveel sous jy wil hê.
Ek het dit saam met rys en pap bedien.

Resep en 2de foto : Karien Bronkhorst
Foto:  Frans van Rensburg – dit lyk na baie werk, maar is vinnig, maklike en heerlik.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page