Your Recipe Blog

HOENDERKROKETTE

HOENDERKROKETTE

Resep en foto: Susanna Kruger

  •  2 hoenderfilette
  • 3 aartappels
  • 1 medium ui
  • 3 eier
  • 1 teelepel bakpoeier
  • knippie sout  en peper
  • 1 teelepel origanum  en kruie na smaak
  • gerasperde gouda, mozzarella of cheddar na smaak
  • broodkrummels
  • suurlemoensap na smaak
  • olie vir vlak braai
  • Sny die hoender in stukkies, plaas in ‘n voedselverwerker en maak fyn.
  • Kook ongeveer 3 aartappels tot sag en druk fyn.
  • Voeg die hoender by die kapokaartappels en voeg 1 eier, bakpoeier, sout, peper kruie en origanum by en meng goed. Voeg kaas by en meng alles goed saam.
  • Klits 2 eiers met bietjie suurlemoensap voeg sout, peper en weer bietjie origanum meng goed en plaas in ‘n bakkie.
    Plaas die broodkrummels in ‘n aparte bakkie.
  • Vorm die hoendermengsel in jou hand langwerpig rond of plat.
  • Maak die olie solank warm in ‘n kastrol.
  • Doop die gevormpde hoenderkrokette in die eiermengsel en rol dan in die broodkrummels tot goed bedek.
  • Bak in die warm olie tot goudbruin. Pasop vir nie te warm olie nie dan gaan hulle baie donker braai.
  • Haal uit en plaas op handdoek papier.

Nota:
Bedien met slaai of enige iets wat jy by wil maak ek het soet pampoen en spinasie by gemaak. Ek hoop julle hou daarvan.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page