Your Recipe Blog

HOENDERKOEKIES

HOENDERKOEKIES

Ek het so paar dae terug gesoek na ‘n viskoekie resep op die Blog en toe een gekry, maar bietjie aangepas en gebruik. Vandag toe probeer ek dieselfde maar ek vat toe hoender wat gister oorgebly het en in die yskas was inplaas van vis.

  • ± 500 g fyngesnyde gaar hoender
  • 1 medium groot ui, opgesny
  • hoender speserye, na smaak
  • 2 groot (± 500 g) aartappels, saggekook en fyngedruk
  • ½ koppie koekmeel
  • 2 eiers
  • olie vir diep braai

Meng die gaar hoender, ui en spesery saam.
Kook die aartappels sag en druk fyn. Ek het by die aartappels ook bietjie hoender speserye, sout en peper in gewerk terwyl ek dit fyn druk. Laat nou die fyngedrukte aartappels eers afkoel.
Meng die fyngedrukte aartappels in by die hoendermengsel.
Sit die koekmeel by en meng alles saam.
Laastens klits die eiers en meng by.
Roer alles goed deur.
Skep met ‘n groot lepel en diep braai in warm olie.

Nota:
Ek druk liggies bo-op die koekie as dit so 15 sekondes in die warm olie was net dat dit nie te dik is nie.
Bak net tot mooi bruin. Ek draai my stoof se plaat op no 4 as ek begin bak en die olie borrel.
Onthou behalwe vir die eier, is alles in die mengsel klaar gaar.

Resep en foto: Koos van der Merwe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page