Your Recipe Blog

HOENDERKERRIE MET VARS GEMMER

HOENDERKERRIE MET VARS GEMMER

  • 13 hoender dye en boudjies
  • 1 kg aartappels, in blokkies nie te klein
  • 2 groot uie, opgekerf
  • 6 knoffeltoontjies, fyngekap
  • 1 teelepel fyngerasperde gemmer
  • 3 loerierblare
  • 2 kaneelstokkies
  • 1 eetlepel blou boksie masala
  • 1 eetlepel pers boksie kerrie of eie keuse
  • 1 teelepel borrie
  • sout
  • 3 eetlepels suiker
  • blatjang na smaak
  • 2 eetlepels suurlemoensap of asyn

Maak die olie en ‘n stuk regte botter warm, anders net olie.
Voeg die uie, lourierblare en kaneelstokkies by.
Braai en roer en na elke 5 min. Voeg 1 eetlepel water by roer en braai so vir 25 min.
Voeg elke 5 min 1 eetlepel water by en roer weer. Die uie sal lekker bruin raak.
Na 25 min voeg jou gemmer, knoffel, kerrie, masala, borrie, suiker, sout en suurlemoensap by en roer so 2 x deur.
Voeg die hoenderstukkies by asook aartappels en roer braai so rukkie.
Voeg net ½ koppies water by en kook tot alles sag, gaar en dik sousie maak.
Voeg blatjang na smaak by en roer deur.
Indien daar water kort, voeg by maar hoender maak baie water.

Resep geplaas deur Ronell Muller Boshoff
Foto: Ronell Muller Boshoff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page