Your Recipe Blog

HOENDERHAPPIES – CHICKEN BITES

HOENDERHAPPIES – CHICKEN BITES

“Ons het die naweek hierdie lekker chicken bites in Liezl se blinkpannetjie oppie kole gemaak en was ‘n tog te lekker oudurfie. Liezl het vir ons ‘n lekker chutney-sousie met ‘n lekker byt gemaak om dit in te doop. Van ons het ook suurlemoensap op die stukkies gedrup. Was djeeeerlik.”

  • 2 hoenderborsies
  • sout en peper, na smaak
  • rissievlokkies, na smaak
  • speserye, na jou eie smaak, opsioneël
  • koekmeel, vir hoenderbedekking
  • eier, geklits, vir hoenderbedekking
  • broodkrummels, vir hoenderbedekking
  • olie, vir braai
  • blatjangsous met byt, eie resep of enige doopsousie
  • suurlemoensap, vir bedruiping

Sny hoenderborsies in lekker happiegrootte stukkies. Geur met sout, peper, bietjie rissievlokkies en/of speserye van jou keuse. Rol stukkies eers in meel, dan in geklitste eier en daarna in broodkrummels. Plaas in yskas vir ‘n uur of twee.
Bak in pannetjie op kole vir paar minute in bietjie warm olie. Draai om sodat dit orals goudbruin gebak is.
Moenie te lank bak nie. Bedrup met bietjie suurlemoensap.
Bedien saam met doopsousie van jou keuse.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page