Your Recipe Blog

HOENDERFILLET “PALM BEACH”

Recipe by
| Servings: 4

HOENDERFILLET “PALM BEACH”

Ons het dit in Zurich in die Schweizerhof Hotel bedien met kalfsvleis maar ek het dit hier met sukses met hoender of varkfillets gemaak.

  • 4 hoenderfillets, horisontaal deurgesny en met aromat en paprika gegeur
  • 1 koppie koekmeel
  • 2 eetlepels botter of margarien
  • ½ gekapte ui
  • 1 teelepel “mild and spicy” kerrie
  • 1 houertjie room (250 ml)
  • 4 repies spek
  • 2 piesangs, gehalveer en horisontaal deurgesny

Doop fillets in meel en braai in margarien/botter tot goudbruin in pan. Dreineer en hou warm.
Braai ui tot deurskynend en voeg kerrie by met nog so ‘n lepel botter. Voeg room by en prut tot verdik.
Braai spek bros, en vervolgens piesang in die spek se vet.
Bedien fillets met spek en piesang, met kerrieroomsous bo-oor.
Njam!

Resep en foto: Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5