Your Recipe Blog

HOENDERDYE MET PREIE EN SAMPIOENSOUS

HOENDERDYE MET PREIE EN SAMPIOENSOUS

  • Hoender:
  • 20 ml olyfolie
  • 4-5 hoenderdye
  • 1 teelepel uie poeier
  • 1 teelepel knoffelpoeier
  • 2 teelepel vars gekapte roosmaryn
  • 2 teelepel gekapte vars salie (sage)
  • sout en peper na smaak
  • 125 ml witwyn/water
  • Sous:
  • 75 g botter
  • ⅓ preie, gewas en gekap
  • 6 – 7 sampioene, gekap
  • 2 eetlepel roomkaas
  • 125 ml room
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Verhit die olie in ‘n pan en plaas die hoender daarin.
Sprinkel al die geurmiddels (behalwe die wyn) bo-oor, en braai 5 – 7 minute aan beide kante.
Voeg nou die wyn/water by, kook vir 2 – 3 minute.  Bedek en plaas in die oond om te bak vir 30 minute.
Na 30 minute, verwyder die hoender uit die pan, en dreineer die sous af. Hou die dye warm.
Verhit die botter in dieselfde pan, en braai die preie en sampioene vir 10 minute oor ‘n lae hitte, totdat die preie sag is.
Voeg die sous van die hoender, roomkaas, room en geurmiddels by.
Roer goed en prut vir ‘n paar minute.
Plaas die hoender terug in die sous, en skep van die sous bo-oor.
Bedien saam met groente van jou keuse.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page