Your Recipe Blog

HOENDERDYE MET LEMOENSOUS

Avatar photo
Recipe by
90 Minute
Cook: 90 minute

HOENDERDYE MET LEMOENSOUS

Ek het ook ‘n reseppie vir die kompetisie maar ek het vir myself ‘n prys gemaak ‘n kombuis muurhorlosie van akkerhout vaatjie plank

  • 6 tot 8 hoenderdye
  • 500 g stukke geskilde pampoen
  • 1 pakkie babawortels
  • 2 lemoene waarvan een versap (30ml) en een in dun ringe gesny is
  • 2 uie, in stukke gesny
  • 60 ml heuning
  • 3 takkies roosmaryn
  • 1 eetlepel olyfolie
  • 1 eetlepel nat knoffel
  • sout en peper na smaak
  • geurmiddels, speserye en kruie na smaak

Plaas bakpapier in ‘n oondvaste bak.
Plaas die groente en roosmaryn in die bak en sprinkel die olyfolie daaroor asook die geurmiddels (knoffel, sout, peper, rissievlokkies en “italian herbs”).
Vryf die hoenderstukke tussen die groente in.
Meng die heuning en lemoensap en giet oor die groente en vleis
Bedek met foelie en bak in ‘n voorverhitte oond op 180°C vir 60 minute.
Verwyder die foelie en pak die gesnyde lemoenringe oor die gereg.
Plaas die foelie terug en bak verder vir 20 minute.
Verwyder foelie en verbruin vir 10 minunte
Dien op saam met rys en skep van die heerlike sous oor die rys.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page