Your Recipe Blog

HOENDER WRAPS

HOENDER WRAPS

“Ons middag/aand ete vir vandag.” Ek wou ‘n foto neem van die totale klaar produk, maar was te honger! Die resep maak 10 groot wraps (soos in foto), of andersins 20 mini-wraps.”

  • Wraps:
  • 4 koppies koekmeel
  • ½ teelepel bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 3 eetlepels olie/botter
  • 1 koppie baie warm water (ek het die ketel gekook en so 10 minute laat staan)
  • roomkaas, uie in repies gesny, bietjie Fetakaas gekrummel, Meksikaanse rissiesous (chillie sauce) en mayonnaise – vir geur van wraps voor hoender geplaas word
  • Vir die hoender:
  • filette, in repe gesny, hoeveelheid na smaak
  • broodkrummels, na smaak – vir stukkies hoender
  • suurlemoen- en hoenderspyserye
  • italiaanse speserye
  • suurlmoensap, om hoender in te doop (sowat 2 koppies)
  • olie, vir diepbraai

Wraps:
Meng al die bestanddele baie goed saam. Indien daar nog water kort, meng nog water in tot ‘n sagte elastiese deeg.
Vir miniwraps neem ‘n balletjie bietjie groter as ‘n okkerneut; vir groter wraps neem twee van daardie balletjies saam.
Druk plat en rol baie dun uit.
In’n baie warm kleefvrye pan, bak elke wrap so 12 – 15 sekondes aan ‘n kant. Dit maak sulke ligte babbeltjies.
Ek het ‘n kwassie gebruik en die pan gesmeer, asook die een kant wat na bo wys (ek het botter gebruik in die deeg).

Vir die hoender:
Sny filette in repies. Geur die brood krummels met speserye na smaak. Wanneer filette in repies gesny is, sit dit in ‘n bakkie met suurlemoensap. Roer gedurig dat dié wat bo lê ook bietjie onder in die suurlemoensap bedek word.
Doop dan in broodkrummels en diepbraai in matige-hitte olie.

Afronding:
Wanneer alles klaar is, plaas in wrap soos jy dit na smaak wil vul.  Ons het roomkaas oor die hele wrap gesmeer, uie in repies gesny, in die middel gepak, met hoender bo-op, bietjie fetakaas oor gekrummel en meksikaanse rissiesous en mayonnaise oorgegooi. Vou die onderkant eerste toe, en dan die kante sodat die vulsel nie alles onder uitval nie. Die moontlikhede is eindeloos met dié wraps en kan selfs vir ‘n soethappie gebruik word.

Resep en foto: Michelle Ludick

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page