HOENDER WRAPS MET HAWAIIAN ROERBRAAI GROENTE
- 8 gekoopte wraps
- blaarslaai
- 2 avokados
- 2 tamaties, in blokkies gesny
- groen soetrissie, in blokkies gesny en gebraai
- 250 g Hawaiian roerbraai, gebraai
- 4 hoender fillets, in repies gesny en gebraai
- gerasperde Cheddar kaas
- 2 skywe Feta kaas, gekrummel
- Knorr se Creamy Blue Cheese slaaisous
- Honey and Mustard slaaisous
- Wellington se perske blatjang
Maak jou wraps, met die vulsels wat jy wil op hê, deur alles in lae in die middel van die wrap te pak.
Giet die souse van jou keuse oor en vou toe.
Vou eers onderkant toe en vou dan links oor en dan regs oor.
Resep en fotos: Heleen Brummer Nel
Category: