Your Recipe Blog

HEERLIKE KLEWERIGE HOENDERVLERKIES

Cook: 60 min

HEERLIKE KLEWERIGE HOENDERVLERKIES

Ons kos vanaand: Hoendervlerkies in die oond, wedges in die Air Fryer gemaak en slaai.

  • 2 dosyn hoendervlerkies, by die litte deur gesny en punte verwyder (Ek het dit heel gehou, net punte af gehaal)
  • Meng  die volgende saam:
  • ½ koppie bruinsuiker
  • ½ koppie soyasous
  • 2 eetlepels heuning
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • 1 teelepel gedroogde gemmer
  • 1 teelepel mosterdpoeier
  • 1 eetlepel soetrissiesous
  • 1 vars knoffel vingertjie, fyn gedruk
  • Opsioneel
  • sesame saadjies

Giet die sous oor die hoenderstukke en meng deeglik deur.
Marineer oornag of ten minste 4 ure.
Pak op ‘n bakplaat wat met foelie uitgelê is en bak onbedek op 180ºC vir 60 min of tot gaar.
Draai ‘n paar keer en bedruip af en toe met die pansappe.
Sprinkel sesame saadjies oor voor opdiening (opsioneel).

Resep en foto: Landra Christien Maré

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page