Your Recipe Blog

HOENDER TIKKA MASALA

HOENDER TIKKA MASALA

Zanzibar Chef se resep.

  • Hoender marinade:
  • 1.2 kg hoender fillets
  • 150 g gewon jogurt
  • 10 ml suurlemoensap
  • 6 huisies knoffel, fyn gesny
  • 15 ml vars gemmer, fyn gesny
  • sout en peper na smaak
  • 10 ml fyn komyn
  • 10 ml garam masala
  • 10 ml paprika
  • Sous:
  • 45 ml olie
  • 1 groot ui, fyn gekap
  • 30 ml vars gemmer, fyn gekap
  • 8 huisies knoffel, fyn gesny
  • 10 ml fyn komyn
  • 10 ml borrie
  • 10 ml fyn koljander
  • 10 ml paprika
  • 20ml rissiepoeier
  • 10 ml garam masala
  • 15 ml tamatiepuree
  • 600 g (2 sakkies) pastasous – tamatie geur
  • 20 ml suiker
  • 300 ml water
  • 250 ml room

Sny die hoender in blokkies en pak in ‘n glasbak.
Meng al die marinade bestanddele saam, en giet oor die hoender. Meng goed deur.
Maak bak toe en sit in yskas oornag.
Soteer die ui in olie tot sag en glasig.
Voeg die knoffel en gemmer by en soteer 1 minute lank.
Voeg al die speserye by en soteer nog 1 minute lank.
Voeg die tamatiepuree, suiker, pastasous, en water by.
Bring tot kookpunt en kook 5 minute lank.
Voeg die hoender en room by en laat kook tot die hoender gaar is. (Ongeveer 10 minute)
Bedien met rys.

Resep geplaas en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page