Your Recipe Blog

HOENDER TERRIEN

HOENDER TERRIEN

  • hoender, eie hoeveelheid
  • skilferkorsdeeg
  • 1 middelslag ui, fyngekap
  • 8 sampioene, gesny
  • sout en peper, na smaak
  • geklitste eier om oor te verf

Kook hoender in ‘n stoompot soos wanneer jy pastei sal maak.
Laat heeltemal afkoel en verwyder al die beentjies en velletjies.
Voer ‘n bak uit met skilferkorsdeeg, bodem en alle sye.
Braai die ui en sampioene tot amper gaar, geur met sout en peper, laat ook goed afkoel.
Meng met die hoender en skep die vleis in die uitgevoerde vierkantige of langwerpige glasbak.
Maak snytjies aan weerskante van die deeg op die kort sye en vou na binne.
Vou dan die lang sye se deeg oor dat dit ‘n mooi pakkie vorm.
Verf met geklitste eier.
Bak by 200°C tot gaar en mooi bruin, ongeveer 30 minute.

Resep en foto: Jaco Redelinghuys

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page