Your Recipe Blog

HOENDER-TERRIEN OP KRAAKBESKUITJIES

HOENDER-TERRIEN OP KRAAKBESKUITJIES

  • 400 – 500 g gerookte hoenderborsies
  • 25 ml fyngesnyde sprietuie
  • ½ blikkie ingelegde appelkose, gedreineer en baie fyn gesny
  • 250 g volroom maaskaas of mascarpone
  • 1 – 2 komkommers

Maak die hoenderborsies gaar en sny baie fyn.
Voeg die sprietuie en ingelegde appelkose by en meng goed deur.
Roer die maaskaas of mascarpone tot dit loperig raak by kamertemperatuur, geur na smaak en vou by die hoendermengsel in.
Neem die komkommers en sny in ‘linte’ met groenteskiller.
Plaas die linte langs mekaar op ‘n skoon werkoppervlakte (hulle moet effens oorvleuel waar twee langs mekaar neergelê word); sit so 6 langs mekaar en skep van die vulsel aan die bokant oor al 6 linte.
Rol die hoender op in die komkommer om ‘n dik buis te vorm.
Herhaal met die res van die vulsel en komkommer.
Laat goed stol in die yskas vir ‘n paar uur.
Sny in skyfies en bedien op kraakbeskuitjies.

Foto en resep:  Helene Kluge

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page