HOENDER STROGANOFF
(Die vinnige een)
- 1 eetlepel koekmeel
- 1 volronde teelepel paprika
- 1 hoenderekstrak blokkie
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel peper
- 4 hoenderborsies, ontbeen en in repies gesny
- 1 ui, fyngekap
- 1 groen soetrissie
- 2 koppies sampioene, fyngekerf
- 1 eetlepel brandewyn
- ½ koppie tamatiesous
- 1 koppie karringmelk
- olie vir braai
Plaas meel, paprika, sout en peper in ‘n plastieksak. Voeg hoender by en skud totdat hoender heeltemal bedek is.
Braai ui tesame met die hoenderekstrakblokkie in bietjie olie. Wanneer bruin, voeg meelbedekte hoender, soetrissie en sampioene by.
Wanneer hoender gaar is en groente ‘n vloeistof begin afskei, roer brandewyn en tamatiesous by. Haal van stoofplaat af en voeg karringmelk by, meng deur.
Bedien onmiddelik.
Foto: Bonita vd Westhuizen