Your Recipe Blog

HOENDER SOSATIES MET GRONDBOONTJIEBOTTERSOUS

HOENDER SOSATIES MET GRONDBOONTJIEBOTTERSOUS

Dit is ‘n Thai gereg, hulle noem dit “chicken satays met peanut sauce” Daar is honderde respte maar my ma het die resep van Thailand gebring. Is heerlik!

  • Marinade:
  • 3 eetlepels lemmetjiesap
  • 3 eetlepels Canola olie
  • 2 teelepels soyasous
  • 2 teelepels vissous
  • ½ teelepel fyn gedroogde rissies
  • 750 g hoenderborsies, in blokkies of repies gesny
  • Grondboontjiebottersous:
  • 2 eetlepels gladde grondboontjiebotter
  • 2 eetlepels klappermelk
  • 1 eetlepels lemmetjiesap
  • 2 teelepels soyasous
  • 1 teelepel bruinsuiker
  • ½ teelepel fyn gedroogde rissies
  • Ekstra:
  • sosatiestokkies

Hoender:
Klits die lenmmetjie sap, olie, soyasous, vissous en rissies in ‘n vlak mengbak tot dit goed gekombineer is.
Voeg die hoenderrepies by en maak seker die marinade is goed oral ingevryf. Plaas in yskas vir ongeveer 15 minute.

Sous:
Meng al die bestanddele vir die sous tot glad. Ek gebruik sommer my riffel steakpan, maar jy kan enige “grill” gebruik. Maak dit baie warm.

Ryg elke hoender repie of blokkies op die sosatiestokkie (ek gebruik nie ‘n te lang stokkie nie) en braai dan op die griddle pan vir so 3 minute aan elke kant totdat die sappe helder uitkom m.a.w. die hoender moet gaar maar nie droog wees nie. Bedien nou met die grondboontjiebottersous as ‘n dip. HEERLIK!

Resep en foto gepos deur Urban Herbs
Resep: Martie Fourie Moolman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5