HOENDER SCHNITZELS
- 3 tot 4 hoender fillette – afhangende van hoe groot dit is
- koekmeel
- ongegeurde jogurt
- ¼ koppie suurlemoensap
- klein bietjie melk
- 3 koppie graanvlokkies, fyngemaak (Corn Flakes)
- kruie en speserye van jou keuse
- 3 eetlepels mieliemeel
- olie, vir vlak braai
Slaan die hoender filette plat (koekroller met foelie omgedraai, wyn bottel, vleishammer, wat ookal jy gebruik). Doop die gekapte filette eerste in koekmeel, dan in ongegeurde jogurt (ek gooi bietjie melk by om dit dunner te maak asook soos die suurlemoen sap by – dit help om die hoendervleis sag te maak), en laastens in ‘n mengsel van fyn gemaak graanvlokkies wat gemeng is met jou keuse van kruie en speserye (ek gebruik Robertsons se Portuguese hoender en Pietersielie) en die mieliemeel. Dit gee ‘n lekker krakerige buitekant op die krummel laag wanneer dit gepanbraai word.
Plaas die gekrummelde fillets in die yskas vir ten minste halfuur voordat jy die panbraai in vlak olie. Dit help dat die krummel laag nie afval sodra jy dit in die pan sit en ook die jogurt maak in daai tyd die vleis sagter.
Braai op medium hitte tot gaar weeskante.
Bedien dadelik.
Bruin basmati rys is in hoender ekstrak en pietersielie gaar gemaak omdat ek nie sous gemaak het nie.
Resep en foto: Elsabie Templeton