HOENDER SCHNITZEL
Gister eie hoendersnitzel gemaak. Ou-brood se krummels gebruik en res van die snye brood vir die voëltjies gegee. Bedien met soet baba-ertjies, blomkool en kaassous, rys en opgekookte aartappels met pietersielie-sous.
- 2 hoenderfilette
- bietjie suurlemoensap, na smaak
- braaispeserye, na smaak
- 1 eier, geklits
- broodkrummels, van ‘n paar dae oue brood
- olie, vir braai
Kap die filette mooi plat met ‘n hamertjie. Besprinkel met bietjie suurlemoensap en dan braaispeserye. Doop in geklitste eier en en rol in krummels. Plaas in yskas tot verkoel. Bak sowat agt minute aan elke kant in vlak olie, haal uit en dreineer op kombuispapier of snye van die ou brood.
Nota:
Deur die gekrummelde filette te verkoel, verhoed mens dat te veel krummels in die pan agterbly na braaiproses. Die krummels klou beter aan die vleis. Die olie moet goed warm wees.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk.