Your Recipe Blog

HOENDER SCHNITZEL IN DIE LUGBRAAIER

Recipe by
Cook: 16 minute | Servings: 4 porsies

HOENDER SCHNITZEL IN DIE LUGBRAAIER

Resep en foto: Marie Dumas Jennings
Gister die “air fryer” ingespan en self hoender schnitzels gemaak met tjips en pasta slaai daarby.

  • 4 hoenderfilette, deurgesny en bietjie plat gekap met ‘n vleishammer
  • suurlemoen peper, na smaak
  • paprika, na smaak
  • sout, na smaak
  • koekmeel
  • 3 eiers, geklits
  • graanvlokkies “cornflakes”, fyngemaak tot krummels
  • Sprinkel die filette met die speserye na eie smaak.
  • Voeg die koekmeel in ‘n bord en druk die filette aan albei kante in die meel tot dit bedek is.
  • Voeg die eiers in ‘n aparte bak en doop albei kante van die meelbedekte filette in die eier.
  • Plaas die “cornflake” krummels in ‘n bord en druk die eierbedekte filette aan albei kante in die krummels.  Plaas die filette vir 30 minute in die yskas sodat die krummellaag kan vassit.
  • Smeer bietjie olie met ‘n kwassie op die schnitzels en plaas dit vir 16 minute teen 190°C in die lugbraaier. Draai die schnitzels na 8 minute om en smeer weer bietjie olie.
  • Bedien dit met ‘n sampioen- of kaassous.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page