Your Recipe Blog

HOENDER ROLLADE

HOENDER ROLLADE

  • 4 hoenderborsfilette
  • sout en peper
  • 4 salotte, gekap
  • 60 g botter
  • 80 ml koekmeel
  • 300 ml melk
  • 4 ekstra groot eiers
  • Vulsel:
  • 1 handvol elk pietersielie en basilliekruid, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 45 ml (3 eetlepels) okkerneute
  • 30 ml (2 eetlepels) gerasperde Parmesaankaas
  • 60 ml (¼ koppie) olyfolie

Voorverhit oond tot 200°C.
Voer ‘n groot bakplaat of 2 kleineres uit met bakpapier en bespuit met kossproei.

Rollade:
Plaas hoender in mikrogolfvaste bak. Geur met sout en peper.
Voeg salotte by, bedek liggies en mikrogolf 1 min per 100 g vleis op hoog en dan net so lank op matige hitte.
Verwerk die hoender saam met die pansap in voedselverwerker tot fyn.
Berei ‘n witsous met die botter, koekmeel en melk. Geur met sout en peper.
Skei die eiers en klits eierwitte styf.
Klits eiergele goed en vou dit stelselmatig in by die witsous.
Roer hoender by witsous in en vou dan die eierwitte in.
Giet die mengsel in die bereide pan(ne) en bak 20 – 25 min tot net gaar.

Vulsel:
Verwerk die kruie, knoffel, okkerneute en kaas tot fyn, giet die olie deur die tuit by en meng goed.
Maak ‘n skoon vadoek nat, wring goed uit en plaas op jou werkbank. Sprinkel ekstra parmesaankaas ruimskoots oor.
Keer die rollade uit op die vadoek.
Laat effens afkoel en trek die papier af.
Smeer vulsel oor die rollade en rol op met behulp van die vadoek.
Sit voor saam met slaai as ‘n ligte ete. Genoeg vir 4 mense.

Foto: Elsie Jacobs Dreyer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page