Your Recipe Blog

HOENDER POT VERVOLMAAK

HOENDER POT VERVOLMAAK

Ons hoenderpotjie was volmaak, dink ek het vanaand die hoender pot vervolmaak, as jy nou wil lekker eet probeer die potjie! Ek belowe jou jy sal dit weer wil doen as jy klaar geëet het!

  • 6 stukkies hoender, dye en boude
  • 3 medium groot uie, gekerf
  • ± 2 koppies rou skulpie noedels
  • 1 pakkie bruin sampioene, gekerf
  • 1 rooi soetrissie, gekerf
  • 1 teelepel brandrissievlokkies
  • 1 eetlepel knoffelvlokkies
  • 300 ml room
  • ½ pakkie sampioen roomsop poeier, gemeng met 50 ml water (moenie sout bysit nie die soppoeier maak dit sout)
  • ½ teelepel witpeper
  • 1 ½ koppie gerasperde Cheddar kaas
  • olie vir braai

Plaas jou swart pot op die vuur met bietjie kookolie in.
Braai die hoender stukkies vooraf saam met die uie.
Voeg dan die sampioene by asook die rooi rissie knoffelvlokkies, brandrissievlokkies en witpeper.
Prut omtrent vir 20 minute.
Strooi die skulpie noedels bo oor en prut vir ± 15 minute.
Giet die room oor en prut vir 10 minute.
Voeg die sampioem roomsop poeier en water by en prut vir ‘n ½ uur.
Strooi dan die kaas bo-oor en laat goed smelt op stadige kole!

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page