HOENDER PASTA MET SPINASIE
- 1 kg hoender borsies, in blokkies gesny
- 250 g spinasie, opgekap
- 1 pakkie knoppie sampioene, opgekap
- 1 ui, gekerf
- 300 ml room
- 450 ml melk
- 250 ml hoender “stock”
- 1 pakkie pasta van jou keuse bv penne, rigatoni, macaroni ens.
Braai net uie en sampioene saam in bietjie olie, voeg hoenderblokkies by en braai hoender vir paar minute.
Gooi room en melk gemeng by die hoendermengsel en voeg die rou pasta by.
Laat kook tot pasta gaar is en dan voeg jy spinasie by. Laat rustig prut vir so 10 min.
Daar het jy baie lekker voedsame pasta.
Resep en foto: Clinton Botha