Your Recipe Blog

HOENDER ONDER ‘N SPEK- EN SOPBERSIE

HOENDER ONDER ‘N SPEK- EN SOPBERSIE

  • 8 hoenderporsies (snit van keuse)
  • sout en peper na smaak
  • 8 spek repies
  • 1 koppie rys
  • 1 pakkie beesstert- of bruin uiesoppoeier
  • 1 liter water
  • ekstra kookwater indien nodig

Plaas die koppie rou rys onder in ‘n groot genoeg oondskottel.
Geur die hoenderporsies liggies met sout en peper en draai die repies spek om elke hoenderporsie.
Pak die toegedraaide hoender bo op die rou rys.
Meng die pakkie soppoeier van jou keuse met die liter koue water en giet dit bo oor die hoender.
Bedek die skottel met ‘n deksel of foelie en bak die gereg in ‘n vooraf verhitte oond by 180ºC tot gaar.
Maak gereeld seker die rys het genoeg vog om gaar te stoom en indien nodig, voeg van die ekstra kookwater, bietjie op ‘n slag by, net genoeg totdat die rys gaar is.
Wanneer die hoender en die rys gaar is, verwyder die deksel of foelie en bak die gereg oop tot mooi bruin.

Nota:
Ek het Basmatie rys gebruik, maar jy kan enige rys van jou keuse gebruik.

Resep en foto: Ansi Pypers Fourie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page