HOENDER MET TIKKA EN BLADMASALA
- 500 g hoenderborsstukke, in blokke gesny
- 200 g ui en seldery, opgesny
- 100 g kleinworteltjies, in juliennerepies van 2 – 4 mm lengtes gesny
- 200 g botterskorsie, in blokke gesny
- 200 g bruin sampioene, in 1 cm skywe gesny en gehalveer
- 2 knoffelhuise, fyn gekap
- 2 cm gemmer, fyn opgesny
- 2 rooi rissies of 1 teelepel rooipeper
- 400 g gekapte tamaties
- 30 ml olyfolie
- 6 wonderpeperkorrels
- 3 naeltjies
- 1 lourierblaar
- kaneelstokkie
- 1 teelepel fyn komyn
- 2 teelepels borrie
- 2 teelepels tikka masala
- 1 teelepel bladmasala
- 1 teelepel gemaalde koljander
- 175 ml witwyn
- 25 ml Brandewyn
- sout en gemaalde peper na smaak
- sap van 1 suurlemoen
- koljanderblare
- rys met rysspeserye gegeur
Verhit die olie in ‘n pot op medium hitte. Voeg die ui- en selderymengsel by en roer deur voordat die wortels, wonderpeper, naeltjies, kaneelstokkie en lourierblaar bygevoeg word. Roerbraai vir ‘n paar minute voordat die botterskorsie bygevoeg word. Roerbraai tot halfpad gaar en voeg die knoffel, gemmer, komyn, masala, borrie, rissies en koljander by en roerbraai deur.
Voeg die hoenderstukke by en braai saam met die res tot die hoender begin verbruin. Voeg die witwyn, brandewyn en tamaties by, geur met sout en peper en roerbraai sowat 3 minute.
Bedek en plaas in ‘n voorverhitte oond teen 160 °C.
Voeg die sampioene en suurlemoensap na sowat 30 minute by, roer deur en laat prut vir ‘n verdere 30 minute.
Resep en foto: Johan Rossouw