HOENDER MET ‘N TWIST
- 1 hoenderborsie in blokkies
- 5 hoenderdye, vel verwyder en halveer
- 1 eier
- 1 eetlepel sojasous
- 100 g koekmeel
- 1 teelepel sout
- ½ teelepel peper
- olie vir braai
Klits die eier en sojasous saam en meng dit met die hoender in ‘n mengbak.
Meng die droë bestanddele, sprinkel dit oor die hoender en meng goed deur.
Plaas die bak met die bedekte hoender vir 30 minute in die yskas.
Verhit ‘n diep pan op die stoofplaat met olie en braai die hoender in die warm olie tot gaar.
Verwyder die gaar hoender uit die pan en plaas op kombuispapier om die olie te dreineer.
- Sous:
- olyfolie vir braai
- 1 ui, grof gekap
- ½ groen soetrissie in blokkies gesny
- ½ rooi soetrissie in blokkies gesny
- knoffel na smaak
- 100 ml water
- 100 g tamatiesous
- 2 eetlepels bruinsuiker
- 1 eetlepel sojasous
- 1 eetlepel Maizena
- 4 eetlepels water
Braai die ui, soetrissies en knoffel in ‘n diep pan of kastrolletjie op die stoof.
Voeg die water, tamatiesous, bruinsuiker en sojasous by die uiemengsel en verhit tot kookpunt.
Meng die Maizena met die 4 eetlepels water tot ‘n pasta en voeg dit by die sous, roer totdat die sous verdik.
Voeg die hoender by die sous, prut vir paar minute om die geure te meng.
Bedien met couscous.
Resep en foto: Christa Fourie