Your Recipe Blog

HOENDER MET BLATJANG EN SLAAIROOM (MAYONNAISE)

Recipe by
Cook: 90 minute

HOENDER MET BLATJANG EN SLAAIROOM (MAYONNAISE)

“Julle, hierdie hoendergereg het vroulief vanaand gemaak en dit was net nog ‘n kappie lekkerder as die voriges. Ek het vir my ‘n lekker klomp smash in my bord geskep en’ n lekker holte daarin gemaak en dit vol gegooi met daai heerlike sous wat in die bak was. Ek het ook saam met dit Cortina-ertjies (dit is ertjies wat so groen is soos wat my 1977 Cortina was) geniet. Toe ek agter daai bord inskuiwe was dit soos jy eet loperige custard met ‘n vurk – jy kry nettie genoeg nie.”

  • 6-8 hoenderporsies
  • Sous:
  • 1½ koppies slaairoom (mayonnaise)
  • 2 eetlepels blatjang
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • ½ pakkie wituiesoppoeier
  • ½ teelepel knoffelvlokkies
  • 1 teelepel gedroogde roosmaryn
  • sout en peper, na smaak

Meng die sous bestanddele saam. Plaas die hoender in ‘n oondbak/pan.
Smeer die mengsel oor die hoender en bak in die oond (onbedek) by 150 °C tot gaar vir ongeveer 1½ uur. Skakel oond na rooster vir paar minute en rooster tot gereg bros en bruin is.

Resep en foto: Gideon Louw

One Review

  1. Steyn Elaine
    Ek het hierdie resep op jul blog probeer. Ek gee dit sowaar 10/10, dit is werklik heerlik. Ek het die wit uie soppoeier met bruin uie soppoeier vervang. Ek het crushed garlic in plaas van knoffel vlokkies gebruik. O ja en ek het perske blatjang gebruik.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page