Your Recipe Blog

HOENDER MACARONI

HOENDER MACARONI

Die kids het weer ingevaar voor ek ‘n mooi foto kon neem (jammer).
Vanaand op die spyskaart:

  • 1 ui, fyngekap
  • 1 klein groen soetrissie, fyngekap
  • ½ koppie rou fyngekapte botterskorsie (butternut) (5 x 5 mm ongeveer)
  • ½ teelepel knoffelsout
  • 1 hoender fillet in blokkies / repies gesny
  • 2 eetlepels olie, vir roerbraai
  • 2 eetlepels wit / swart sesame saad, optioneel
  • 3 koppies rou macaroni
  • 1 pakkie chicken a la king souspoeier
  • ¾ koppie kookwater
  • 1 eetlepel Ina Paarman’s “braai and grill” speserye
  • 250 g gerasperde kaas
  • 2 eetlepels gesoute botter

Kook macaroni soos normaal tot al dente.

Terwyl dit kook:
Gebruik ‘n diep pan. Voeg olie, ui, soetrissie, knoffelsout en hoender bymekaar in pan op hoë hitte en roerbraai tot uie sag is. Draai hitte na medium en voeg fyngekapte botterskorsie, sesame saad en botter by en roerbraai vir 3 min en dan ‘n verdere 3 min op lae hitte. Voeg souspoeier en kookwater by en roer goed. Prut op lae hitte vir 4 min.

In ‘n gesmeerde oondvaste glasbak, voeg die gedreineerde macaroni, “braai and grill” spesery en roerbraai  by en meng alles goed.
Sprinkel gerasperde kaas bo-op en plaas in voorverhitte oond op 180°C. Sit oond op “grill” totdat kaas gesmelt en ‘n lieflike goudbruin kors gevorm het.
Laat bietjie afkoel en dien op.

Resep en foto: Anina Kotze

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5