Your Recipe Blog

HOENDERKERRIE

HOENDERKERRIE

Dit is vandag koelerig, maar nie koud nie en my kleindogter soek iets wat sag is om te eet. Ek stel toe voor ons maak hoender kerrie. Yummy oumi

  • 1 hoender braaipak met 4 dye, boudjies en vlerkies elk, afgewas in suurlemoenwater
  • 2 teelepels BBQ speserye
  • 2 teelepels hoenderspeserye
  • koekmeel om hoender in rol
  • vlak olie vir braai
  • 3 uie, opgesny
  • 3 knoffelhuisies, gekerf
  • 1 eetlepel kerrie van keuse (ek gebruik matige kerrie)
  • 1 eetlepel borrie
  • 1 teelepel fennelpoeier
  • 1 teelepel cajun speserye
  • ¼ koppie asyn
  • 2 hoogvol eetlepels appelkooskonfyt
  • sout na smaak
  • 1 koppie water
  • aartappels (hoeveelheid van jou keuse) vooraf effens gekook in die mikrogolf en in blokkies gesny

Meng die hoender- en BBQ speserye en vryf in die hoenderstukke in.
Rol die hoenderstukke in meel, braai mooi bruin in olie en hou eenkant.
Braai die uie en knoffel in dieselfde kastrol en verlaag die hitte.
Meng die kerrie, borrie, fennel en cajun speserye met ‘n bietjie meel.
Voeg die asyn en appelkooskonfyt by die speserymengsel en roer deur. Voeg sout na smaak by.
Plaas asyn en speserymengsel in die kastrol en kook-braai vir sowat 5 minute sonder dat dit brand.
Plaas die hoender terug in die kastrol.
Voeg die water en aartappels by.
Kook oor stadige hitte totdat hoender gaar is.
Hou dop dat die hoender nie brand nie. Die resep het ‘n lang sousie.
Bedien met rys of roti’s en piesang.

Resep en foto: Alta Gunter van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page