Your Recipe Blog

HOENDER, KEKERERTJIE EN EIERVRUGKERRIE MET KLAPPERMELK

HOENDER, KEKERERTJIE EN EIERVRUGKERRIE MET KLAPPERMELK

Maak eers die kerriesous en sit dan die stukkies gesnyde hoender borsies by sodat die hoender nie te lank kook en kliphard word nie.

  • 1 groot ui, gekap
  • 1 teelepel knoffel, gerasper of fyngedruk
  • 2 teelepels gerasperde vars gemmerwortel
  • sap van 1 suurlemoen
  • 1 medium groote eiervrug, afgewas, droog gemaak en in blokkies gesny met skil aan
  • 3 eetlepels kerrie poeier van sterkte soos verlang
  • 2 eetlepels breyani kruie
  • 2 teelepels borrie
  • 2 teelepels fyn komyn
  • 2 teelepels fyn koljander
  • 1 eetlepel mosterdsaad
  • 2 eetlepels Garam masala
  • 1 blikkie klappermelk
  • 1 blikkie kekerertjies (chicpeas), gedreineer
  • 4 medium groote hoender borsies, in blokkies gesny

Braai die eiervrug blokkies en uie in genoeg olie, wanneer dit begin verbruin gooi die kruie en speserye by.
Braai liggies vir ‘n paar minute om die geur van die kerrie uit te bring.
Gooi die klappermelk en kekerertjies by asook die suurlemoensap.
Prut liggies tot die sous begin dik word en die sade sag is.
Gooi die hoender stukkies by en prut tot die hoender gaar is maar nie hard nie.
Bedien met basmati rys, ongegeurde jogurt, vars koljander blare en piesangs.

Second Photo:
Aubergine, lentil and baby marrow curry with garlic naan .. spicy but creamy.
Tonight I left chicken and chickpeas out and added tin of lentils and 2 chopped baby marrows making it a perfect vegetarian curry.

Resep en Foto: Elsabie Templeton

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page