HOENDER KASSEROL
Resep en foto: Amanda Austen
- 9 hoenderporsies
- 2 aartappels, geskil en in wiggies gesny (kook aartappels vooraf vir ongeveer 10 min)
- hoenderspeserye
- 1 pakkie wit uiesoppoeier
- 100 ml mayonnaise
- 100 ml fyn appelkooskonfyt
- 200 ml melk
- Stel die oond op 180 ºC en spuit ‘n oondbak met kleefwerende kossproei.
- Pak die hoender en aartappel in die oondbak en geur met hoenderspeserye.
- Meng die soppoeier, mayonaisse, konfyt en melk saam en giet oor die hoender en aartappels.
- Maak toe met foelie en bak 90 min lank tot gaar.
- Verwyder foelie en sit roosterelement aan. Verbruin hoender, pasop vir brand.
Bedien met rys en groente
Category:












