Your Recipe Blog

HOENDER IN ROOIWYNSOUS

HOENDER IN ROOIWYNSOUS

  • 8 – 10 hoenderstukke
  • sout en peper na smaak
  • koekmeel om in te rol
  • 5 stukke streepspekvleis
  • 12 klein uitjies
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 250 g sampioene, skoongevee
  • 250 ml rooiwyn
  • 625 ml hoenderaftreksel
  • 1 blikkie (65g) tamatiepasta
  • 20 – 25 ml koekmeel, aangemaak met water tot ‘n gladde pasta
  • 2 lourierblare

Geur die hoenderstukke goed met sout en peper.
Rol in koekmeel en braai in olie tot bruin buite-om. Skep uit en hou eenkant.
Braai die spekvleis tot bros en skep uit.
Braai die uitjies, sampioene en knoffel tot bruin en skep uit.
Voeg die wyn by die pansappe en laat ‘n paar minute lank vinnig kook.
Meng die hoenderaftreksel met die tamatiepasta en voeg by, kook net deur.
Verdik die sous deur die aangemaakte koekmeel by tevoeg en laat goed kook.
Plaas die hoenderstukke en die res van die bestanddele weer terug in die rooiwynsous en laat prut tot die hoender sag en gaar is. Geur met nog sout en peper indien nodig.
Dien op saam met rys of stysel van jou keuse.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page