Your Recipe Blog

HOENDER IN DIE WEBER

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur en 30 min

HOENDER IN DIE WEBER

  • 1 heel hoender
  • 1 koppie botter
  • 2 eetlepels fyn knoffel
  • 2 eetlepels Portugese hoenderspeserye
  • aartappels

Ek sit die gevriesde hoender die vorige aand in die yskas. Haal dit vroeg die oggend uit om verder te ontdooi. Sodra dit begin ontdooi, vat ek ‘n houtlepel se plat agterkant en maak die borsvel los en sover aan die kante as wat ek kan.

Smelt botter,  fyn knoffel en Portugese hoenderspeserye en smelt dit saam in die mikrogolf vir 30 sekondes.

Laat staan die hoender op sy kop en trek die losgemaakte vel weg met jou vingers en skep van die bottermengsel agter die vel in.
Gebruik die houtlepel se agterkant om dit sover moontlik in te druk.

Giet die res van die mengsel oor die hoender en binne in die holte.
Sprinkel nog Portugese speserye buite in die hoender.

Kook aartappels tot effens sag. Sny dit in kwarte en strooi gemaalde growwe sout, borrie en olyfolie oor die aartappels.
Sit die hoender op ‘n staander en die staander in ‘n tin foil pan.
Pak die aartappels soos in die foto onder in die foelie bakkie.
Plaas die hoender in die Weber vir ongeveer een uur of langer indien verkies.
Ek doen myne een en ‘n half uur.

Resep en foto: Hennie van Deventer

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page