Your Recipe Blog

HOENDER, HAM, SKORSIE EN PATAT EENSKOTTELGEREG

HOENDER, HAM, SKORSIE EN PATAT EENSKOTTELGEREG

  • 800 g hoender fillette, in repies gesny
  • 1 kg toebroodjie ham
  • 60 ml Dijon mosterd
  • 15 ml gemengde droë kruie
  • 2 eiers
  • sout en peper, na smaak
  • broodkrummels

Meng eiers, mosterd en geurmiddels saam.
Meng die hoender en mosterdmengsel goed, laat dit vir ‘n uur in die mosterdmengsel marineer.
Bedek die hoenderrepies met broodkrummels, plaas dit vir ‘n uur in die yskas.
Verhit olie in ‘n pan, braai die hoederrepies tot gaar en bros. Hou eenkant.

  • Skorsie en patatmengsel:
  • 8 skorsies
  • 500 g patats
  • 5 ml sout
  • 10 ml pietersielie
  • 125 ml sweet chilliesous
  • 250 g maaskaas van eie keuse (Ek het geroosterde uie geur gebruik)

Halveer die skorsies, verwyder die pitte.
Kook die skorsies en patats tot sag.

Skep die sag gekookte skorsies uit, meng dit saam met fyn gemaakte patats.
Meng res van die bestanddele by.

Pak bestanddele in lae in ‘n gespuite oondskottel.
Begin met ham, skorsiemengsel en hoender, herhaal lae.
Skep laaste nog ‘n laag van die skorsiemengsel bo-op.
Bak teen 180°C in die oond vir 30 min.
Strooi gerasperde kaas oor, plaas terug in die oond tot kaas gesmelt het.

Resep en foto: Elna Erasmus

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page