HOENDER EN SPINASIESOUTTERT
Resep en foto: Amanda Austen
Ek het die resep dubbeld aangemaak.
- ½ gaar hoender ontbeen en opgesny
- 250 ml gerasperde cheddar kaas
- 4 eiers
- 250 ml melk
- sout en peper na smaak
- 3 ml tiemie
- 1 ui gekap en gebraai
- 40 ml koekmeel
- 7 ml bakpoeier
- 200 g gaar spinasie
- 1 gekookte aartappel in blokkies gesny
- Spuit ‘n oondbak met kleefwerende kossproei.
- Klits die eiers, melk, koekmeel, bakpoeier, tiemie, sout en peper saam tot goed gemeng.
- Roer die hoender, kaas, ui, spinasie en aartappel by.
- Giet die mengsel in ‘n oondbak en bak op 180° C vir 40 min.
- Bedien saam met ‘n vars slaai.
Category:


