Your Recipe Blog

HOENDER- EN SPEKKOEKIES

HOENDER- EN SPEKKOEKIES

Ek het vir gisteraand saam met die braai hierdie lekker hoenderkoekies met spek en spinasie gemaak en was baie lekker.

  • 300 g spekstukkies
  • 300 g oorskiet gaar hoender, fyn gekap
  • sout en peper
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 1 teelepel fyn droë knoffel
  • 1 teelepel Italiaanse kruie
  • 200 g spinasie
  • 1 koppie bruismeel
  • 60 ml melk
  • 30 ml olyfolie
  • 2 groot eiers

Braai die spekstukkies tot bros.
Geur die hoender met sout, peper, rissievlokkies, knoffel en Italiaanse kruie.
Blansjeer spinasie waarvan die are verwyder is en kap fyn.
Meng die bruismeel met melk, olyfolie en eiers tot ‘n gladde beslag.
Meng dan alle bestanddele saam sodat dit nie te droog is nie. Indien te droog voeg bietjie melk by.
Ek het ‘n eierring gebruik en in vlak olie op kole in my rooipannetjie die beslag geskep en dit alkante gebak tot mooi bruin.
As die koekie klaar aan die eenkant in die eierring gebak is, verwyder dan die ring om die koekie met ‘n spaan te kan omdraai.
Geniet saam met n bietjie soetrissiesous en jou braaivleis

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page