HOENDER EN SPEK PRUTPOT KASSEROL
Hier is ek alweer met nog ‘n slow cooker (prutpot) resep… maar die ene is nog makliker as die vorige een. Daar het niks hiervan oorgebly nie. Niks. Dit gaan beslis ‘n “go to” resep word in die huis vol honger manne! Hoender, spek, kaas en ”hash browns”… jy kan nie verkeerd gaan nie.
- 1 pak aartappel koekies (hash browns)
- 250 g spek, in stukkies gesny en bros gebraai
- 1 ½ koppie gerasperde kaas
- 500 g hoenderborsies of dye, in blokkies gesny
- sout en peper na smaak
- 1 koppie melk
- 100 ml room
Spuit of smeer die prutpot bak met olie.
Pak helfte van die aartappel koekies op die bodem.
Sprinkel ⅓ van die kaas en spek bo-oor.
Skep rou hoender bo-op.
Voeg nog ⅓ van die kaas en spek bo-oor, asook sout en peper.
Pak nog ‘n laag aartappel koekies bo-op, en voeg die laaste ⅓ kaas en spek bo-op.
Giet die melk bo-oor en kook in die prutpot vir 4 ure op hoog of 6 ure op laag.
Die laaste 30 minute voor klaar is, voeg die room by.
Bedien met ‘n groen slaai.
Resep en foto: Ilze Jacobs