Your Recipe Blog

HOENDER- EN RYSPOTJIE

Cook: +- 1 uur | Servings: 6 porsies

HOENDER- EN RYSPOTJIE

  • 2 hoenders, ontbeen en in blokkies gesny
  • 2 uie, gekap
  • 10 klein aartappeltjies
  • 250 ml gaar rys
  • Meng saam:
  • 3 ml knoffelsout
  • 3 druppels tabascosous
  • 15 ml suurlemoenpeper
  • 15 ml Worcestersous
  • 30 ml tamatiesous
  • sout en peper na smaak

Braai die hoender 5 – 10 minute oor matige hitte in ‘n swartpotjie.
Voeg die uie en aartappels by, bedek die potjie en laat sowat 40 minute prut.
Voeg die gaar rys by die hoender, uie en aartappels.
Voeg die sousmengsel by die hoender- en rysmengsel en roer goed deur.
Bedek die potjie en prut vir ‘n verdere 10 minute.
Proe die gereg en voeg ekstra sout en peper by na smaak.
Verwyder van die hitte en bedien.

Nota:
Gebruik ‘n nommer 3 potjie.

Resep geplaas deur: Marinda Schoeman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page