Your Recipe Blog

HOENDER EN PREIPASTEI

HOENDER EN PREIPASTEI

  • 1 groot prei, gekap
  • 3-4 hoenderborsies
  • sout en peper na smaak
  • knoffel na smaak
  • ½-1 pakkie sampioene (afhangende van hoeveel jy van hou)
  • 1 pakkie room sampioensoppoeier
  • melk
  • skilferkorsdeeg
  • 1 geklitste eier vir bo-oor smeer

Braai gekapte preie in ‘n pan in bietjie olie, skep uit en plaas in die pot wat gebruik gaan word om die sopmengsel in te kook.
Sny die hoenderborsies in blokkies en braai saam met sout, peper en knoffel in dieselfde pan as die preie.
Skep ook oor in die pot by die preie.
Meng die soppoeier soos aangedui op pakkie met melk en meng in by die vleismengsel in die pot.
Prut alles saam tot deur gekook en verdik, skep in ‘n voorbereide oondbak.
Plaas skilferkorsdeeg bo op, pruk ‘n paar gatjies in, smeer met geklitste eier en bak tot gaar by 200 ºC ongeveer 30 – 40 minute.
Nota:
Vinnig, maklik en vullend. Bedien saam met slaai van jou keuse.

Resep en foto: Lorinda Cloete

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page