HOENDER EN GROENTESOP
- 1 pak sopgroente
- 1 pak wortels
- 4 aartappels (medium na groot)
- 2 bruin/wit uie (medium na klein)
- 3 knoffelhuisies
- 2 groot tamaties
- 1 blikkie gekapte tamaties met kruie
- 4 groot hoenderfilette
- 1 teelepel droë origanum kruie, optioneel
- 1 eetlepel droë pietersielie
- 250 g alfabet pasta (enige pasta werk)
- 4 blertse Worcestersous
- sout en peper na smaak
Skil en rasper rape, wortels, aartappels, uie en tamaties saam. Sny seldery, pietersielie en spruituie op.
Sny hoender in groterige blokkies.
Neem groot kastrol wat minstens 6 liter vloeistof kan hou plaas 2,5 liter warm water op matige hitte op stoof.
Voeg gerasperde bestanddele gekneusde en gekapte knoffel, seldery en spruituie in bring tot kook en laat prut vir 2 ure.
Neem ‘n voedselverwerker en maak groente fyner vir ‘n minder waterig sop en meng van geure. Voeg hoender saam vars pietersielie in glas bak. Bedek met kookwater en voeg bietjie sout by.
Plaas in mikrogolf vir 10 min op hoog. Verwyder van aftreksel laat afkoel en versnipper met hand in repies na smaak grootte.
Neem 1 na 2 koppies van die hoenderaftreksel en voeg by sop. Voeg hoenderrepies by en meng goed. Voeg droë kruie, sout en swartpeper by.
Vir baie dik sop voeg 1 liter kook water by en 125 gram alfabet pasta en laat prut vir verdere 3 ure. Roer gereeld om aanbrand te voorkom , vir dunner sop voeg 2 liter kook water en 250 gram pasta en laat prut vir verdere 3 ure. Sop kan gevries word vir 3 maande.
Resep en foto: Johnny Steyn