HOENDER EN GROENTESOP MET MOROKAANSE SPESERYE
- Die 2 koppies vloeistof waarin ek ‘n heel hoender gestoom het vir ‘n quiche gisteraand, het ek vandag gebruik as die basis vir my sop. Of 2 koppies hoenderaftreksel.
- Voeg die volgende by:
- 1 groot aartappel, geskil en grof gerasper
- 1 groot wortel, geskil en grof gerasper
- 1 groot murgpampoentjie, grof gerasper
- 1 koppie kookwater
- 1 – 2 koppie fyn gesnyde hoender stukkies
- Morokaanse speserye, na smaak
Laat bogenoemde kook en prut tot groente gaar is. Dit gaan vinnig wees, want dis gerasper.
- Meng die volgende:
- ½ koppie koue water
- ½ pakkie sampioenroomsop poeier
Roer dan die sopmengsel by die hoendermengsel en pas die geur aan met ekstra sout, indien verlang.
Kook net goed deur tot lekker verdik en bedien.
Resep en foto: Elsabie Templeton
Category: