HOENDER EN BROCCOLI FRITTATA
Dis vir so 48 muffins!
- 3 hoenderborsies, opgekook en versnipper
- 1 hele broccoli, gestoom en versnipper
Meng die hoender en broccoli saam en geur met sout en peper (en smoked paprika as jy wil) en hou eenkant.
- Meng saam:
- 5 eiers
- 1 koppie Mozzarella kaas, gerasper
- ½ koppie melk
- 3 eetlepels “chunky” maaskaas
- gedroogte speserye, opsioneel
Skep die broccoli en hoender mengsel in muffin pannetjies.
Gooi dan die eiermengsel bo-oor (gebruik ‘n lepel sodat jy kaas ook op elke muffin kan skep uit die eiermengsel).
Bak teen 180°C vir 20 – 25 minute of tot goudbruin.
Resep geplaas deur Nina Vermeulen-Viljoen
Foto: Jan Viljoen