Your Recipe Blog

HOENDER- EN ASPERSIEPASTEI

Recipe by
Cook: 30-40 minute

HOENDER- EN ASPERSIEPASTEI

  • Kors:
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 150 ml sterk warm water
  • 50 ml olie
  • Vulsel:
  • 25 ml margarien
  • 37.5 ml koekmeel
  • 1 blik aspersiestukke
  • 200 ml aspersiesous en melk
  • 2 eiers, geskei
  • 250 ml gaar hoendervleis, in stukkies gesny
  • 100 g gesnipperde spek
  • 1 klein ui, gekap
  • knippie rooipeper

Sif die droë bestandele saam. Meng die water en die olie. Voeg die vloeistofmengsel by die droë bestanddele en meng om ‘n slap deeg te vorm. Hou eenkant.
Smelt die margarien en roer die koekmeel by. Roer totdat die mengsel glad is en verhit totdat die koekmeel gaar is.
Verwyder van hitte en voeg die aspersiesous en melk by. Verhit en roer totdat die mengsel verdik.
Klits die eiergele tot lig en voeg by die witsousmengsel. Voeg die hoendervleis, spek, aspersies en ui by die witsous.
Klits die eierwitte styf en vou dit in by die mengsel.
Smeer of bespuit ‘n oondbak van 25 cm in deursnee.
Smeer korsdeeg liggies op die bodem van die bak. Skep die vulsel op die korsdeeg en smeer die res van die korsdeeg bo-oor.
Bak by 180°C vir 30 – 40 minute.

Resep geplaas deur Elsa Van Kradenburg Fourie
Foto:  Elsa Van Kradenburg Fourie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page