HOENDER- EN AARTAPPELGEBAK
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk
- 6 tot 8 hoender filette
- ±3 liter water, wat deel uitmaak van jou stock
- 2 eetlepels suurlemoensap
- 3 teelepels hoenderspeserye
- 2 teelepels sout
- vars gemaalde swart peper
- 1 gelyk teelepel komyn
- ½ pakkie spekstukkies
- 2 preie
- 1 pakkie sampioene, opgesny
- 1 pakkie hoender roomsoppoeier
- 2 eetlepels koekmeel
- 1 koppie water ekstra
- Plaas die ongeveer 3 liter water, suurlemoensap, hoender speserye, sout, peper en komyn in ‘n kastrol, voeg die hoender by en kook tot sag.
- Verwyder die hoenderuit die vloeistof, maar hou die vloeistof.
- Maak raffel vleis deur die vleis met twee vurke uit mekaar te trek (soos pulled pork).
- Plaas die repies hoender terug by die vloeistof in die kastrol.
- Braai in ‘n aparte pan die spek, preie en sampioene.
- Voeg dit alles by die hoender in.
- Meng die soppoeier, koekmeel en 1 koppie water tot ‘n pasta.
- Voeg die soppasta by die hoendermengsel en kook goed deur.
- Indien die vulsel te styf is, voeg nog bietjie water by en indien te loperig voeg nog bietjie koekmeel aangemaak met bietjie water by.
- Jy kan nou ander geurmiddels wat jy verkies byvoeg na smaak.
- Skep in ‘n gesmeerde oondbak.
- AARTAPPELS
- 6 mooi medium aartappels
- bietjie olyf olie
- knoffelhuisie
- botter
- Sny die aartappels in skywe (nie te dun) en kook bietjie in die mikrogolf.
- Aartappels moet nie pap wees nie.
- Bak dan die aartappels in ‘n pan met olie, knoffel en botter.
- Wanneer hulle mooi bruin is, verwyder uit die olie en plaas bo-op hoender.
- Bak verder in die oond totdat die aartappels mooi begin verkleur, maar nie droog en krakerig is nie.
Bedien saam met groente van jou keuse.
Category:












