Your Recipe Blog

HOENDER- EN AARTAPPELGEBAK

HOENDER- EN AARTAPPELGEBAK

  • 6 tot 8 hoender filette
  • ±3 liter water, wat deel uitmaak van jou stock
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • 3 teelepels hoenderspeserye
  • 2 teelepels sout
  • vars gemaalde swart peper
  • 1 gelyk teelepel komyn
  • ½ pakkie spekstukkies
  • 2 preie
  • 1 pakkie sampioene, opgesny
  • 1 pakkie hoender roomsoppoeier
  • 2 eetlepels koekmeel
  • 1 koppie water ekstra

Plaas die ongeveer 3 liter water, suurlemoensap, hoender speserye, sout, peper en komyn in ‘n kastrol, voeg die hoender by en kook tot sag.
Verwyder die hoenderuit die vloeistof, maar hou die vloeistof.
Maak raffel vleis deur die vleis met twee vurke uit mekaar te trek (soos pulled pork).
Plaas die repies hoender terug by die vloeistof in die kastrol.
Braai in ‘n aparte pan die spek, preie en sampioene.
Voeg dit alles by die hoender in.
Meng die soppoeier, koekmeel en 1 koppie water tot ‘n pasta.
Voeg die soppasta by die hoendermengsel en kook goed deur.
Indien die vulsel te styf is, voeg nog bietjie water by en indien te loperig voeg nog bietjie koekmeel aangemaak met bietjie water by.
Jy kan nou ander geurmiddels wat jy verkies byvoeg na smaak.
Skep in ‘n gesmeerde oondbak.

  • AARTAPPELS
  • 6 mooi medium aartappels
  • bietjie olyf olie
  • knoffelhuisie
  • botter

Sny die aartappels in skywe (nie te dun) en kook bietjie in die mikrogolf.
Aartappels moet nie pap wees nie.
Bak dan die aartappels in ‘n pan met olie, knoffel en botter.
Wanneer hulle mooi bruin is, verwyder uit die olie en plaas bo-op hoender.
Bak verder in die oond totdat die aartappels mooi begin verkleur, maar nie droog en krakerig is nie.
Bedien saam met groente van jou keuse.

Resep en foto: Alta Gunter van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page