HOENDER CORDON BLEU
- 4 hoenderfilette
- Aromat/sout, paprika en grofgemaalde swartpeper
- 125 g gebraaide spek (nie crispy nie)
- 1 koppie gerasperde Mozzarella of Cheddar
- ½ koppie room
- 1 koppie koekmeel
- 2 eiers
- droë broodkrummels
- olie vir diepbaai
Sny die filette in die lengte oop maar nie heel deur nie.
Sit elk een oop in kleefplastiek en slaan met koekroller of wynbottel plat.
Geur met aromat, paprika en peper.
Plaas gebraaide spek en handvol kaas gemeng met kwart van room bo-op. Hou rante oop.
Vou lang punte oor en rol filette op.
Steek pakkies vas met tandestokkies.
Rol die vleispakkie in meel, geklitste eiers en krummels.
Plaas so halfuur in yskas vir krummels om te klou.
Braai in medium-warm olie tot goudbruin en gaar.
Verwyder tandestokkies en bedien met skyfie suurlemoen.
Resep en foto: Stef Conradie