HOENDER CHAKALAKA WRAP
As jy hou van ietsie met “byt”! Hierdie wraps is heerlik koud en boonop kan jy rotisserie hoender of gaar hoender wat oorgebly het, maklik en vinnig gebruik.
- Tortilla wraps
- mayonnaise
- gemengde slaaiblare
- gaar, oorskiet braaihoender, gevlok of in repies geskeur
- blikkie chakalaka, volgens eie keuse hoe warm
- repies groente na smaak (komkommer, wortels, rooi soetrissie, groen soetrissie, rooi uie)
Plaas die wrap op ‘n werksoppervlak en smeer dit goed met mayonaisse.
Plaas die slaaiblare oor ‘n drie kwart van die wrap.
Plaas die repies groente bo-op die blare en skep ongeveer ‘n eetlepel of twee chakalaka bo-op die groente.
Eindig met die gaar hoender.
Rol die wrap op en sny in die helfte.
Ideaal vir ‘n kosblik of ligte ete met byt. Bon Appétit!
Nota:
Jy kan selfs die chakalaka en hoender vooraf saam meng.
Resep en foto: Johann Becker