Your Recipe Blog

HOENDER CHAKALAKA SOP (WESVALIA SOP)

2 en half ure

HOENDER CHAKALAKA SOP (WESVALIA SOP)

  • 1 heel hoender
  • 1 pakkie groentesop (die pakkies wat hulle reeds opmaak in die winkel met seldery, rape, wortels en preie)
  • 1 pakkie 4 in 1 sop mengsel
  • 2 blikkies Chakalaka
  • 1 pakkie Knorr Chakalaka sop / kerrie groentesop
  • ½ koppie suiker
  • sout en peper

Plaas die hoender in ‘n groot pot / stoompot en bedek met baie water.
Meng die soppoeier by en sout en peper.
Skil en rasper die groente en voeg by.
Voeg ook die twee blikkies Chakalaka by.
Kook alles saam op druk in die stoompot vir ten minste 1 en half uur.
Verwyder die hoender en ontbeen.
Voeg die vleis weer by en water soos nodig, as die sop te dik is.
Voeg die halwe koppie suiker by en roer deur.
Kook vir ‘n verdere half uur tot ‘n uur.

Resep en foto: Nadia Swanepoel

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page