Your Recipe Blog

HOENDER CHAKALAKA SOP (WESVALIA SOP)

2 en half ure

HOENDER CHAKALAKA SOP (WESVALIA SOP)

Resep en foto: Nadia Swanepoel

  • 1 heel hoender
  • 1 pakkie groentesop (die pakkies wat hulle reeds opmaak in die winkel met seldery, rape, wortels en preie)
  • 1 pakkie 4 in 1 sop mengsel
  • 2 blikkies Chakalaka
  • 1 pakkie Knorr Chakalaka sop / kerrie groentesop
  • ½ koppie suiker
  • sout en peper
  • Plaas die hoender in ‘n groot pot / stoompot en bedek met baie water.
  • Meng die soppoeier by en sout en peper.
  • Skil en rasper die groente en voeg by.
  • Voeg ook die twee blikkies Chakalaka by.
  • Kook alles saam op druk in die stoompot vir ten minste 1 en half uur.
  • Verwyder die hoender en ontbeen.
  • Voeg die vleis weer by en water soos nodig, as die sop te dik is.
  • Voeg die halwe koppie suiker by en roer deur.
  • Kook vir ‘n verdere half uur tot ‘n uur.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page