HOENDER CAMPAGNOLA
- 4 hoenderfilette, horisontaal deurgesny
- koekmeel
- Aromat
- peper
- paprika
- olie vir vlakbraai
- Sous:
- ½ gekapte ui
- 1 gekapte knoffelvingertjie
- ½ handvol gekapte basieliekruid of teelepel Italiaanse kruie
- ¼ koppie witwyn
- 1 blikkie tamaties
- ½ blikkie water
- 1 hoenderekstrak blokkie
- 1 eetlepel suiker
- sout, Aromat en peper na smaak
- Bolaag:
- bondel spinasie, gewas, stingels verwyder en gesnipper
- ½ koppie water
- blokkie hoenderekstrak
- 8 skywe mozzarella of wit cheddar kaas
Geur filette met Aromat, peper en paprika.
Rol in meel en skud af.
Braai in swaarboom of kleefvrye pan in olie tot bruin.
Haal uit en hou eenkant.
Sous:
Baai ui tot glasig in dieselfde pan (olie by indien nodig).
Voeg knoffel en kruie by en roerbraai so 2 min.
Voeg wyn by en reduseer tot helfte verdamp het.
Voeg tamatie en water by en verhit tot dit kook.
Krummel hoenderekstrak by en meng deur tot opgelos.
Prut tot net begin verdik.
SPINASIE:
Voeg spinasie, ekstrak en water in ‘n potjie.
Bring tot kookpunt en prut so 4 min.
Dreineer in vergiettes en druk oortollige water uit.
SAMESTELLING:
Plaas hoenderfilette in die sous.
Verdeel die spinasie en skep op die filette.
Plaas kaas op spinasie.
Sit ‘n deksel op die pan en prut tot kaas smelt.
Bedien met pasta, polenta of risotto.
Njamm.
Resep en foto: Stef Conradie