HOENDERBOBOTIE
- 1 hoender, gekook en ontbeen (1.4 tot 1.5kg)
- 50 ml sultanas
- 2 uie, fyn gekap
- 250 ml Mayonnaise
- 20 ml fyn appelkooskonfyt
- 10 ml suurlemoensap
- 1 pakkie hoenderroomsop
- 15 – 20 ml kerriepoeier
- 250 ml melk
- 3 ml gemengde kruie
- 2 eiers, geklits
- sout en peper na smaak
- Ekstra:
- 2 eiers
- 30 ml melk
Voorverhit oond tot 180°C.
Meng die hoender, sultanas en die uie. Plaas dit in ‘n oondvastebak.
Meng die oorblywende bestanddele, behalwe eiers, saam en skep die mengsel oor die hoendermengsel. Meng alles saam met ‘n vurk.
Skep die geklitste eiers oor die mengsel.
OF gebruik die metode met die ekstra eiers (sien onder aan) indien die mengsel te droog lyk.
Bak dit vir 40 tot 50 minute lank.
Resep: Magda Graaff
Foto: Amanda Austen – Resep aanpassings:
Ek het 100 ml sultanas en 375 ml melk gebruik, ook 2 ekstra eier met bietjie melk gemeng in bo oor gesit, maw ek het 2 eiers in die mengsel ingemeng en 2 eiers bo-oor geskep. Dit is werklik baie lekker.