Your Recipe Blog

HOENDER BIRYANI

Avatar photo
Recipe by
| Servings: ongeveer 6 porsies

HOENDER BIRYANI

Resep en foto: Amanda Austen

  • 10-12 hoender dye en boudjies
  • 2 – 3 aartappels geskil en in blokke gesny
  • 1 groot ui of 2 medium uie opgesny
  • 2 tamties gekap (of die helfte van ‘n blikkie ingelegde tamaties)
  • 20 ml Biryani-Masala
  • 15 ml Biryani-Mix
  • 10 ml knoffel fyn gesny
  • 10 ml vars gemmer fyn gesny
  • 20 ml suiker (om die suur van die tamatie af te breek)
  • 250 ml natuurlike jogurt
  • 250 ml hoender “stock”
  • olie
  • sout en peper na smaak
  • vars koljander blare
  • Verhit die olie in ‘n swaarboom pot. Braai die uie daarin tot glasig.
  • Voeg die knoffel, gemmer en speserye by. Braai so 1 min lank deur.
  • Voeg die hoenderstukke, tamatie, suiker, jogurt en hoender “stock” by.
  • Sit sout en peper by na smaak. Laat op kook vir so 30min.
  • Voeg die aartappels by en kook tot sag, ongeveer 30 min lank.
  • Voeg die vars koljanderblare by en roer deur.
  • Dien op met rys.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page