Your Recipe Blog

HOENDER À LA JANUWORRY

Avatar photo
Recipe by
80 - 90 minute
| Servings: 6 porsies

HOENDER À LA JANUWORRY

Eerste keer en seker die eerste van ons soort op aarde wat dit so gebak het! Dis wat maer Januarie aan mens doen. As daar so ‘n resep is, vergewe my want dan dink daar baie ander soos ek wat ek nog nie ontmoet het nie. Sal maar hierdie resep Chicken à la Januworry noem.

  • ± 12 stukke hoender
  • olyf olie
  • 1 ui, gesny
  • sout, peper, Worcestersous en speserye na smaak

Plaas hoender in ‘n oondpan.
Geur met sout, peper, Worcestersous en speserye.
Vryf hoenderstukke in met olyf olie en strooi uie oor.
Bak in oond vir so min of meer 40 – 45 minute.

Na 40 – 45 minute gooi die staatsgeheim sous oor.

  • Vir die sous:
  • 2 blikkies gekapte tamaties
  • 1 blik kook room (gewone room sal ook werk)
  • 4 eetlepels blatjang
  • 1 eetlepel bruinsuiker
  • 2 eetlepels ligte of warm kerriepoeier
  • sout en peper na smaak

Meng al die bestanddele saam en giet dit oor die hoender en bak vir ‘n volgende 40 minute op dieselfde hitte.
Ek het ‘n gas stoof, so heeltyd op 200ºC gebak.
Bedien saam met aartappels en broccoli, hoop dis smaaklik, want dis nogals baie, baie lekker!

Resep en foto: Cecile Koortzen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page